HFM hou pantoffeldag

THABAZIMBI – Reach for a Dream het vanjaar op 2 Augustus ‘n fondsinsamelings projek “Reach for your slippers” geloods.

Die konsep was dat jy ‘n R10 plakker koop en dan jou pantoffels vir die dag nader trek om met dit skooltoe en werktoe te gaan.  As deel van Hoërskool Frikkie Meyer se waardeprogram, het  leerlinge en personeel aan die projek deelgeneem om die waarde van “goeie burgerskap” uit te leef.  Alle fondse geïn, is aan Reach for a Dream SA geskenk.

33-HFM Slipperdag

HFM leerders het tesame met die “Reach for your slippers”-projek ook die waarde van “goeie burgerskap” uitgeoefen.