DA vier Vrouedag
NORTHAM – Die informele nedersetting, Helen Park, in Northam het groot makietie op Saterdag 10 Augustus gehou, ter viering van Nasionale Vrouedag.
DA-raadslid Piet Strydom en Elsa Treurnicht (DA Bestuurder: Waterberg Distrik), het geskenkies aan die senior dames uitgedeel, hulle met eetgoed getrakteer en die dag afgesluit met tradisionele danse.
Vir die meeste van die 150 senior dames was dit die eerste keer dat iemand só iets spesiaals vir hulle doen en was hulle taamlik bewoë tydens die verrigtinge.
Die tradisionele dansers lewer ‘n vertoning aan die senior dames van Helen Park ter viering van Vrouedag.