Begrafnisondernemers besoek Bosveld-Oord
THABAZIMBI – Econo Begrafnisondernemers het op Woensdag 7 Augustus ‘n besoek by Bosveld-Oord afgelê. Hulle het die inwoners ingelig oor die belangrikheid van ‘n begrafnisondernemer en meer oor die werk wat hulle doen, vertel.
Volgens die inwoners was dit ‘n heerlike samesyn en het hulle smaaklike verversings na die geleentheid geniet. Die bejaardes bedank Econo Begrafnisondernemers vir hul kuiertjie en belangstelling.
Die bejaardes van Bosveld-Oord is deur plaaslike begrafnisondernemers besoek: vlnr Eddie en Jaques van Econo Begrafnisondernemers. Middel: Marieta van Econo Begrafnisondernemers, Hannetjie du Plessis en Anna Venter. Agter: Sannie Erasmus en Jan Bezuidenhout.