4de vir HFM Toneelgroep

NYLSTROOM – Die Hoërskool Frikkie Meyer toneelgroep het op Maandag 12 Augustus aan die Interhoër Toneelkompetisie te Nylstroom deelgeneem.

Sewe skole het deelgeneem. HFM se toneelstuk, Wees, deur dr Pierre-André Viviers, het ‘n algehele vierdeplek verower met 75%. Hoërskool Piet Potgieter het met die eerste- en tweedeplek weggestap terwyl Hans Strijdom (Naboomspruit) ‘n algehele derdeplek behaal het. Die toneelgroep word deur Henco Smith afgerig.

Die wenstuk, Mannewales, is ook uit die pen van dr Viviers, verbonde aan die Noordwes Universiteit Potchefstroomkampus se fakulteit van toerisme.

HFM tree eerskomende Woensdag, 21 Augustus by die Unisa kleinteater te Pretoria op wanneer hulle meeding aan die ATKV Tienertoneelkompetisie.

33-Toneel

Die toneelspelers van HFM se toneelgroep, vlnr: Melanie Engelbrecht, Zanré van Rensburg, Suné van Tonder en Bealde Enslin. Foto: Franco Loots.