Sport

2 goud vir TBZ Gimnastiekklub

PRETORIA – Die gimnaste van Thabazimbi Gimnastiekklub het die naweek van 26 en 27 Julie by die Matsportsentrum te Eldoreign, Centurion, aan hul laaste vriendskaplike kompetisie deelgeneem.

Dit was ‘n puik kompetisie en die gimnaste het die uitdaging geniet. Dit was die grootste kompetisie waaraan die meeste van die gimnaste nog deelgeneem het. Daar was die meeste van die tyd dubbele kompetisie aan, met dogters sowel as seuns. Dit wil gedoen wees waar daar 16 gimnaste tegelyktydig besig is. Die gimnaste het op 2 en 3 Augustus aan die Limpopo uitdunne deelgeneem, die uitslag is as volg:

Janco Rossouw: Vlak 1 – goud (36.30), Jénie Hoffman: Vlak 2 – goud (34.60), Charmaine Ferreira: Vlak 1 – brons (33.25), Franco Hoffman: Vlak 2 – brons (31.80), Persy Selamalela: Vlak 2 – brons (28.05), Sanna Kgamanyne: Vlak 2 – brons (31.90), Refilwe Kgamanyne: Vlak 2 – brons (33.05), Petricia Kgamanyne: Vlak 2 – brons (31.45), Gerda Volman: Vlak 3 – brons (32.55), Kgamotso Kgamanyane: Vlak 3 – brons (30.00), Amantle Rammui: Vlak 3 – brons (33.00), Elizabeth Mnthaku: Vlak 3 – brons (30.1) en Naomi Campbelle: Vlak 4 – brons (31.9).

In die Vlak 1 vir seuns 6-7 jaar was die kompetisie groot en alhoewel Janco ‘n goue medalje ontvang het, het hy nie die Limpopospan gehaal nie. Die volgende gimnaste is gekies vir die Limpopospan om Limpopo by die North-Zone (SA’s) kompetisie wat op 30 Augustus gehou word in Kempton Park, te verteenwoordig: Charmaine Ferreira (Vlak 1), Franco Hoffman (Vlak 2), Petricia Kagamanyene (Vlak 2), Gerda Volman (Vlak 3) en Amantle Rammui (Vlak 3). TBZ Gimnastiekklub is trots op al hul gimnaste.

33-Gimnastiek 1

Jénie Hoffman, Sanna Kagamanyne, Elizabeth Kagamanyne, Refilwe Kagamanyne en Janco Rossouw.