Community

Wenner ontvang sokkertafel

32-Tops wenner

Thaba Tops, in samewerking met Black Label bier, het ‘n kompetisie met ‘n sokkertafel as wenprys, gedurende 27 Mei tot 27 Julie geloods. Deelnemers moes ‘n dosyn Black Labels aankoop en die strokie in die kompetisiehouer plaas. Die gelukkige wenner van die sokkertafel is Klaas Tromp van Thabazimbi. Saam hom op die foto is Bianca (assistent bestuurder) van Thaba Tops.