Business

Raak “tuff” soos GI Jane by Active Life Gym

Promosie Artikel

 

THABAZIMBI – Septembermaand is om die draai en dit is dus nou ‘n goeie tyd om oefenklere en tekkies nader te trek om weer in vorm te kom vir hierdie somer. Active Life Gym by die Pick n Pay sentrum, is net die plek vir jou! Maak gerus gebruik van die spesiale vergunning vir lede: vanaf 19 Augustus – 31 Augustus 2013 kan lede ‘n vriend saambring om vir hierdie tydperk gratis saam te oefen.

Vir diegene wat om enige mediese redes nie baie kan doen nie, of dalk voel hul is al te oud vir oefen, bied hul Pilatesklasse deur Colette Minnaar op Dins- en Donderdae om 08:00 – 09:00 aan, kom maak jou spiere soepel en geniet die rustige atmosfeer waarin jy lekker rek en strek.

Dan vir die meer “extreme” persoon bied hul vanaf 2 September 2013 die “Warrior Challenge” aan. Hier gaan hul die “bootcamp skill” uithaal en aan die einde van die program gaan hul deelneem aan die “Warrior Race” se “Black Ops” wat plaasvind in Oktober 2013.

So as jy nog altyd wou “bootcamp”, hier is die geleentheid vir jou om “tuff” te word soos GI Jane! Vir meer inligting skakel vir Zanie by 014-7771735.