Kankerpraatjie by VLU

NORTHAM – Die dames van die Northam VLU-tak het verlede Donderdag, 1 Augustus, hul 238ste vergadering te Methodiste Kerksaal gehou.

Natasha Pretorius van Kansa het die dames toegespreek oor die gevare van kanker, wat dit inhou en die tekens van kanker en kankergewasse, waarna elkeen moet oplet.

Die dames het ook meer geleer oor hoe kanker beveg kan word en die kanse op genesing is bespreek. Die dames het die praatjie baie insiggewend gevind en sal die inligting werklik ter harte neem.

Ná die praatjie het die dames handige skêrsakkies gemaak. Foto’s verskaf.

32-Northam VLU

Natasha Pretorius van Kansa en René Laas van die VLU Northam-tak.