Jeug maak geskiedenis

THABAZIMBI – Talle jongmense het op Saterdag, 20 Julie by die NG Kerk hande gevat en opgestaan vir vervolgde christene by die bekendstelling van Open Doors.

Volgens die organiseerders was hierdie ‘n geskiedkundige oomblik toe die harte van nege verskillende denominasies tydens die samekoms aangeraak is.

“Dit was merkwaardig om te sien hoe Thabazimbi se jeug hande vat, saam bid en lofprysing bring aan ons Almagtige Hemelse Vader,” het die organiseerders, Bennie en Ilse aan Kwêvoël gesê. “Die realiteit van die vervolgde Christene, het ons jongmense van Thabazimbi laat besef deur hulle gebede kan God ‘n verskil maak in die vervolgde lande en elke  jongmens wat die dag teenwoordig was het opgestaan en ‘n onderneming gemaak om aan te hou bid vir die mense wat vervolg word.”

Hulle bedank graag Thaba SuperSpar wat die samekoms geborg het asook almal wat voedsel, koeldrank en hulp bygedra het. ‘n Besonderse dank aan die NG Kerk wat hul fasiliteite beskikbaar gestel het vir hierdie spesiale geleentheid. Natasha van Open Doors, wat die aanbieding gedoen het word ook van harte bedank.

32-Opendoors 2

Nege verskillende denominasies het hande gevat tydens die bekendstelling van Open Doors.