Thaba mooies opgetof

THABAZIMBI – Die Mej Thabazimbi Landbouskou kompetisie het op Donderdagaand tesame met Giovanni se vertoning plaasgevind. Die dames het eers hul slag op die loopplank in ‘n swart en wit nommertjie gewys waarna die formele drag gevolg het. Sowat 36 deelnemers het meegeding om die drie gesogte kategorie titels.

31-skou mej Tbz 6-9 jaar

 

 

 

Die wenners van Mej Thabazimbi 6-9 jaar, vlnr: Deoné Dumond (tweede prinses), Nicole Nel (Mej Thabazimbi 6-9jr) en Zoey Joubert (eerste prinses), Agter vlnr. Bokkie van Thaba SuperSpar (borg) staan agter saam met Ursula Roux(organiseerder) en Giovanni (gaskunstenaar).

31-skou mej Tbz 10-13 jaar

 

 

 

Die wenners van Mej Thabazimbi 10-13 jaar, vlnr: Lizandre Anderson (eerste prinses), Chenique Swanepoel (Mej Thabazimbi 10-13 jaar)en Nicole Swanepoel (tweede prinses), Agter: Ursula Roux, Bokkie en Giovanni.

31-skou mej Tbz 14-19 jaar

 

 

Die wenners van Mej Thabazimbi 14-19 jaar, vlnr: Carra Lee (eerste prinses), Zheree Havenga (Mej Thabazimbi 2013)en Lou-Marie Geel (tweede prinses), Agter: Ursula Roux, Bokkie en Giovanni.