Sonskyndag lok hengelaars
THABAZIMBI – Thabazimbi Hengelklub het op 30 Junie ‘n hengelkompetisie by Jabulani aangebied.
Die weersomstandighede was ideaal vir visvang. Wenners is deur die swaarste sak vis bepaal. Volgens die organiseerders is daar mooi karpe van sowat 3kg elk gedurende die dag deur die 32 deelnemende hengelaars ingekatrol.
Die uitslae is as volg: Juniors: Deon Bender (eersteplek) en Martin Scheepers (tweedeplek). Dames: Nicolene Heydenrych (eersteplek) en Chenell Loots (tweedeplek). Seniors: Ralph Kissack (eersteplek), Seun Coetzer (tweedeplek) en Martin J van Vuuren (derdeplek).
Die wenners van die hengelkompetisie, agter vlnr: Seun Coetzer en Martin J v Vuuren. Middel: Nicolene Heydenrych, Chenell Loots en Ralph Kissack. Voor: Martin Scheepers en Deon Bender.