Community

Northam VLU leer meer oor fotografie

SWARTKLIP- VLU Northam het Donderdag, 18 Julie hul 237ste vergadering te Methodiste Kerksaal Swartklip gehou.

Die dames het geleer hoe om ‘n ou vurk ‘n nuwe lewe te gee, deur dit te inkorporeer as fotoraamstaander. Die gasspreker was Michell Loubser, Kwêvoël se fotograaf wat die dames bietjie meer van fotografie vertel het, asook om jou kamera ten volle te benut. Dié interessante praatjie was baie leersaam en die dames was baie entoesiasties om alles wat hulle geleer het, te probeer toepas.

Die volgende vergadering was op 1 Augustus te Swartklip Metodiste Kerksaal om 9:00.Nuwe lede is welkom en vir enige navrae, kontak gerus vir Marinda Gagiano by 083 785 2274 of Maritza Hasebroek by 081 369 1867.

31-VLU toekennings

Die besige VLU dames het almal toekennings ontvang vir hulle harde werk wat hulle ingehandig het vir verskillende kompetisies. Agter vlnr: Annetjie Dreyer, Mari Meintjes, Marinda Gagiano en Maritza Hasebroek. Voor: Dina Smith en Jenny Streak.