CommunityTop Stories

Marakele (Edms) Bpk verloor 8000ha

THABAZIMBI – Brandstigting het gelei tot ‘n verlies van ‘n geskatte 8000ha by Marakele (Edms) Bpk. Na wat berig word, het kwaaddoeners die veld op Saterdagaand, 27 Julie, aan die brand gesteek. Spoorsnyers het spore tot by die Lephalale-teerpad gevolg.

Die Working on Fire (WoF) span by Marakele Nasionale Park het ingespring om die vuur te help bestry en die hulp van ‘n helikopter is ook aangevra, terwyl mynspanne en die munisipaliteit op bystand geplaas is.

Volgens Thabazimbi Brandbeskermingsbeheer is die laaste vure teen Dinsdagmiddag, 30 Julie, geblus alhoewel vyf spanne van WoF egter aangebly het, indien daar nuwe vure sou ontstaan.

Die Thabazimbi Brandbeskermingsbeheer versoek persone of instansies wat aan WoF paraffien vir die helikopter kan verkoop gedurende die brandseisoen om hul te kontak by e-pos: tfpa@webmail.co.za. Hul benodig 800 liter per vlug.

31-Wof 2

WoF se helikoptervlieënier, Steven Mostert, saam met WoF se spanleier, Willem Crause nadat die vuur by Marakele (Edms) Bpk geblus is.