Hengelaars haal uit by kompetisie

THABAZIMBI – Thabazimbi Hengelklub se hengelaars het gedurende die naweek van 20 Julie by die kompetisie by Apieskraal Lodge meegeding.

Tien punte per vis en 10 punte per kilogram is toegeken. Die hengelaar met die meeste punte het dus koning gekraai.

Volgens die organiseerders het die hengelaars goeie voorbereiding gedoen en almal het ‘n positiewe gesindheid gehad. Die kompetisie het om 07:00 begin en teen 16:00 ten einde geloop.

Die uitslae is as volg: Meeste punte – Seniors: Tommy Swanepoel (eersteplek), Renier Coetzee (tweedeplek) en Bennie Erasmus (derdeplek). Meeste punte – Dames: Nicolene Heydenrych (eersteplek), Martie Murray (tweedeplek) en Chenell Murray (derdeplek). Meeste punte – Juniors: Andrae van Staden (eersteplek) en Deon Bender (tweedeplek). Daar was geen penkop en cubs wenners nie.

31-Hengelkompetisie Apieskraal

Die wenners van die hengelkompetisie, agter vlnr: Tommy Swanepoel, Piet Bezuidenhout, Andrae van Staden, Renier Coetzee en Bennie Erasmus. Voor: Deon Bender, Martie Murray, Chenell Loots en Nicolene Heydenrych.