Bosveld Akademie by Kunstefees
Leerlinge van Bosveld Akademie Privaatskool het op 27 Julie aan ‘n kunstefees te Nylstroom deelgeneem. Agter vlnr: Anica Goosen (poësie 81%, formele prosa 86%, gedramatiseerde prosa 88% en onvoorbereide lees 90%), Juf Yvonne Goosen (afrigter) en Lina Jacobs (voorbereide lees 78%, onvoorbereide lees 92%, poësie 86%). Voor: Christoff Marx (Blokfluit 1 – 97%, Blokfluit 2 – 98%, onvoorbereide lees 88%, voorbereide lees 95% en poësie 85%), Devonric Swart (poësie 80%), Divan Müller (poësie 85%, voorbereide lees 94%) en Elmari Müller (poësie 86%). Afwesig: Nicolet Trichardt (poësie 83%).