Community

2de voertuig in 2 dae rol

THABAZIMBI – Die bekende S-draaie op die R511 na Amandelbult het sy tweede voertuig binne twee dae geëis.

Die insittendes van ‘n blou Citi-golf het op Maandagoggend omstreeks 08:10 skrape, kneuswonde en frakture opgedoen nadat die voertuig waarin hulle na Thabazimbi onderweg was, gerol het.

Volgens ‘n ooggetuie, Willie Loubser, wat agter die golf gery het toe die ongeluk plaasgevind het, het die bestuurder by die spoedgrens gehou, maar kon hy, nadat die voertuig se agterste wiel die pad byster geraak het, nie daarin slaag om die voertuig weer op die teerpad te kry nie en het die voertuig “gat oor kop geslaan en daarna vier keer gerol”. Die voertuig het bo-op die bestuurderskant, in die middel van die pad, tot stilstand gekom.

Die nooddiensspan van Amandelbult was eerste op die toneel en kon die beseerdes stabiliseer voordat hulle per ambulans na die hospitaal geneem is.

Motoriste word gemaan om slegs die spoed te ry wat hulle met hul voertuie veilig kan handhaaf om sodoende ongelukke te vermy.

‘n Soortgelyke geval het Saterdag, 27 Julie, op een van die S-draaie plaasgevind.

31-Ongeluk (5)

Die Citi-golf wrak nadat dit Maandagoggend ongeveer vier keer gerol. Foto: Willie Loubser.