VLU Strewe Tak bly besig in die koel weer
SENTRUM – VLU Strewe tak se Julie vergadering was op Sentrum aangebied en tydens die vergadering het Ilna die dames ‘n tradisionele brei tegniek geleer, naamlik Fair ilse.
Hierdie tegniek het in die 1921’s bekendheid verwerf toe die Walliese Prins truie gedra het wat op hierdie manier gebrei is.
Met hierdie tegniek word gebruik gemaak van veelkleurige wol wat in ‘n defnitiewe patroon gebrei word. Die tegniek is dan ook vernoem na ‘n klein eiland in die noorde van Skotland. Strewe tak se volgende vergadering vind in Augustus plaas by Erika Lee se huis. Ria gaan die dames leer van Bauermarelei, ‘n Duitse verfkuns.
Hierdie dames se verjaarsdae is gevier vlnr Leonora Lotter, Tharina Welgemoed, Susan Roets, Nadine Els en Ilna Schutte. Baie geluk aan julle almal.