Thabazimbi Bergfietsryers hou naam hoog

THABAZIMBI – Thabazimbi se beste Bergfietsryers het onlangs deelgeneem aan die Waterberg Toyota Lindani Mountainbike Classic.

Die wedren het oor twee dae in die berge tussen Vaalwater en Melkrivier plaasgevind met afstande wat gewissel het van 60km vir dag 1 tot 40km vir dag 2. Alhoewel dit ‘n “oop” wedren was, was daar onderling meegeding vir die beste mans- en damesryers asook die beste dorpspan in Limpopo.

Thabazimbi het sowel die beste ryer as die wenspan opgelewer, terwyl Wilma Pienaar derde in die dames afdeling geëindig het. Ian Pienaar, wat deesdae naam maak in provinsiale fietsrykringe, het eerste geëindig en het ook ‘n groot bydra gemaak tot die aanwysing van die Thabazimbi-span as wenspan. Dié span het bestaan uit die Pienaar’s naamlik Johan, Wilma en Ian en Riaan Nagel.

Lanneo Nagel het ook goed presteer en tweede in die o/19 seuns kategorie geëindig.

30-Bergfiets Spanwenners R

Thabazimbi se Bergfietsspan is tydens die afgelope Waterberg Toyota Lindani Mountainbike Classic as die wen-dorpspan aangewys. Op die foto is vlnr: Riaan Nagel, Ian Pienaar, Wilma Pienaar en Johan Pienaar. Ian was ook die manswenner.