Thaba Super Spar gee 67 minute

30-Spar sop

Thaba Super Spar het op Mandela-dag witbrood vir 67 minute teen ‘n afslag prys verkoop. Teen middagete het hulle die goeie gees voortgesit deur sop en brood aan die inwoners van Regorogile uit te deel. Volgens die vriendelike personeel van Thaba Super Spar is dit nie net nóg ‘n jaarlikse instelling nie, maar wel hul liefdadigheidsbydrae om dié wat van die geleentheid gebruik maak, positief te beïnvloed.