Piet se 7.6kg hoender

30-VB 1

‘n Trotse Piet Strydom van Thabazimbi met sy 7.6kg Buff Orpington hoenderhaan, Monster. Die beoordeling van die pluimvee vind vandag, Vrydag 26 Julie vanaf 09:00 by die Landbou- en Nywerheidskou plaas. Die voorsitter van die Rustenburg Pluimvee klub, Hannes du Plessis, is een van die beoordelaars wat vanjaar die pluimvee afdeling gaan beoordeel. Verskeie ander rasse sal ook te siene wees, onder andere Sebright en swart Orpington.