Olifante presteer op Boskos
HOEDSPRUIT – Twee werknemers van WESvoere, Etienne Boshoff en Alida Jordaan, het onlangs ‘n besoek afgelê by Kapama Reservaat te Hoedspruit om vas te stel hoe die reservaat se olifante op Boskos presteer.
Boskos is die primêre wildvoeding vir Kapama se olifante. Dit word van natuurlike Thabazimbi Akasia en verwante inheemse spesies deur WESvoere vervaardig. Die Akasiabos op sigself is ‘n natuurlike bron van primêre voedsel vir herbivore in die veld en met die toevoeging van geformuleerde, natuurlike aanvullings, is Boskos korrels die olifante se stapel dieet. Veral ook as ‘n winter weidingaanvulling in dieretuine, hawes vir bedreigde spesies, nasionale parke en wildreservate regoor die wêreld.
Die olifante word vir safari’s gebruik en word dan ook vergoed met ‘n paar ekstra Boskos-korrels as hulle die passasiers afgelaai het na ‘n safari of as hulle ‘n toertjie uitgevoer het. Volgens Etienne en Alida is die olifante baie erg oor die Boskos.
Wanneer veldwagters Kapama se buffels wil aankeer om gemerk te word, gooi hulle Boskos op ‘n sekere plek vir ‘n paar dae uit om sodoende die buffels te lok. Daar is dan ook bevind dat hulle vir dae daarna, al is daar nie Boskos uitgegooi nie, terugkeer na dieselfde plek opsoek na nog Boskos. “Dit is deur-en-deur ‘n bewys dat Boskos ‘n gewilde, natuurlike voeding vir alle wild is.” Het Alida aan Kwêvoël gesê.
Alida Jordaan en Etienne Boshoff van WESvoere by Kapama Reservaat se olifante wat ‘n Boskos stapeldieet volg.