Sport

HFM se o/15 krieket toer na Sundown Ranch

RUSTENBURG – Die seuns van HFM, wat deel was van die o/15 krieketspan het gedurende die Julie vakansie na Sundown Ranch getoer en het met baie ondervinding terug gekeer.

Hulle eerste wedstryd het hulle gespeel teen Potch Gimnasium. HFM het die loot gewen en eerste gekolf. Die besluit het hulle egter duur te staan gekom, want hulle het ‘n paar vinnige paaltjies verloor.

Brandon Van Nieker het  wel 43 lopies aangeteken en C J van der Merwe het 28 wat HFM se totaal 146 gemaak het.

Die seuns se veldwerk was baie goed en Jason Minnie het ‘n vinnige drie paaltjies geneem in sy toegelate vier boulbeurte, maar dit was nie genoeg nie en HFM verloor die wedstryd met een paaltjie. Brandon van Niekerk word aangewys as die speler van die wedstryd met sy 43 lopies.

Hulle tweede wedstryd was teen Eduplex ‘n privaat skool in die stad. HFM verloor die loot en doen eerste veldwerk. Die seuns lewer ‘n skitterende vertoning en Nimro Lategan wat vyf paaltjies vir net 12 lopies neem in sy toegelate vier boulbeurte, haal vir Eduplex uit vir net 47 lopies. HFM steek die telling verby met net een paaltjie plat, en wen dus die wedstryd met nege paaltjies. Nimro Lategan is aangewys as die speler van die wedstryd.

HFM se laaste wedstryd was teen Transvalia, ‘n baie goeie krieket skool. HFM verloor weer die loot en doen eerste veldwerk. Transvalia teken 196 lopies aan in hulle toegelate 30 boulbeurte. Nimro Lategan neem twee paaltjies met HFM se veldwerk beurt. HFM se openingskolwers  het ‘n baie goeie  vennootskap begin tussen Nimro Lategan en Louis van Deventer van 60 lopies het ‘n goeie platform vir die daaropvolgende kolwers gestel, maar ongelukkige verloor HFM weer te vinnige paaltjies, maar C J van der Merwe veg goed terug. HFM kon net 167 lopies aanteken en verloor dus met 29 lopies. Die seuns het baie geleer op die toer en hoop dat die ondervinding hulle sal help met die lang seisoen wat voorlê.

29-HFM o15 krieket

Die o/15 krieketspan wat na die Sundown Ranch naby Rustenburg getoer het, gedurende die Julie vakansie.