Hettie Brittz by “Cuppa” vir KANSA
KOEDOESKOP – ‘n “Cuppa” vir Kansa, word op 27 Julie 2013 by die Alfresco SPA Koedoeskop om 10:30 vir 11:00 deur KANSA-Thabazimbi distrik kantoor aangebied.
Die Immergroen Ouerskapkursus ontwikkelaar, Hettie Brittz, tree op as een van die sprekers. Sy lei die span van meer as 100 fasiliteerders wat die kursusse in vier lande aanbied.
Die ouerskapkursus fokus op praktiese, Bybelse toerusting vir ouers. Hettie se passie is vir die herstel van gesinne en om hul toe te rus om die waarhede wat heel en vry maak, te vind. Haar boeke, CDs, DVDs en praatjies handel daarom nie net oor temperament, ouerskap en dissipline nie, maar ook oor dieper dinge soos die verwerking van trauma, die herwinning van hoop en vreugde na terugslae en hoe om genesing te vind van seer uit die verlede.
Riaan Ungerer tree op as gaskunstenaar en Sr Wilna van den Heever van KANSA Waterberg, kom die dames oor borskanker toespreek. Die Busveld babes gaan ook ‘n vertoning lewer. Dit alles saam met ‘n ligte middagete kry jy teen slegs R50 per persoon, insluitend ‘n KANSA geskenkie.
KANSA nooi graag soveel as moontlik van die gemeenskap se kanker oorwinnaars uit om die dag saam met te geniet.
Kaartjies is nog beskikbaar vir die geleentheid en kan aangekoop word by Natasha Pretorius, KANSA verteenwoordiger, by 076 904 8482 e-pos npretorius@cansa.org.za of by gasvrou en organiseerder, Juanee Pretorius 083 417 7376.
Hettie Brittz tree Saterdag 27 Julie as gasspreker op vir KANSA se “Cuppa” by die Alfresco SPA Koedoeskop om 11:00.