Eerste Krieketspan presteer op toer
RUSTENBURG – Die eerste krieketspan van HFM het van 3 – 6 Julie na Sundown Ranch getoer. Hulle het uitstekende afrigting ontvang, onder leiding van Koos Pienaar en Neels de Villiers.
HFM speel drie wedstryde en wen twee van die drie. In die eerste wedstryd kom HFM te staan teen Hoërskool John Vorster. HFM doen veldwerk eerste en HJV word uitgeboul vir 146 lopies. Die beste boulers was Armand Azar met 5/22 in 8 beurte en Hansie van Staden met 2/24 in 2 beurte. HFM gaan kolf, Johan Harmzen teken 20 lopies aan, maar verloor die wedstryd.
In die tweede wedstryd speel HFM teen Waterkloof. HFM teken 192 lopies aan met Benhard van Rensburg met 53 lopies en Stephan van Tonder met 31 lopies. Waterkloof word uitgeboul vir 92 lopies. Die beste boulers was Stefan Joubert met 3/10 in 3 beurte.
HFM se laaste wedstryd was teen Aliwal-Noord en hul wen dit gemaklik. Die beste boulers vir HFM was Nico Tromp met 5/9 in 3 beurte en Gerald Botha teken 23 lopies aan.
Die Eerste Krieketspan wat by Sundown Ranch getoer het van 3-6 Julie. Hulle wen twee van hulle drie wedstryde.