Van Wykskraal se skopboksers
Die twee seuns Jandré Lynn en Henry Lynn van Laerskool Van Wykskraal het die afgelope Junie vakansie, van 21- 23 Junie as deel van die Limpopo span deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse skopboks-toernooi te Oudtshoorn. Die twee seuns het in die semi- en ligte kontak afdelings meegeding, elkeen in sy eie gewigsklas, teen vegters van al die ander provinsies in SA. Hulle het baie goed geveg, en van die gevegte gewen asook verloor, maar het op die ou end nie onder die eerste drie geëindig nie.