SA Skopboks kampioenskappe

OUDTSHOORN – Thabazimbi se skopboksers het aan die SA Kampioenskappe deelgeneem wat vanaf 21 tot 23 Junie te Oudtshoorn aangebied is. Michael en Francois Buys, ’n pa en seun poging, het suksesvol gewen, met onderskeidelik ‘n uitklop hou en met punte, in hul volkontak items. Francois Buys, Rohan Erasmus, Willem Henning en Armin Fouché is gekies vir die span wat wêreld kampioenskappe sal gaan deelneem. Die aanhouers wat deurlopend wen, word hartlik geluk gewens en waardering word uitgespreek teenoor die skopboksers wat gereeld kom oefen en so enorm getrou is in klas bywoning.

29-Skopboks preseerders

Die presteerders is vlnr: Michael Buys (goud), Francois Buys (goud), Rohan Erasmus (silwer), Willem Henning (silwer), Armin Fouché (brons) en Peet van Breda (afrigter, Shihan 7de dan Waco Karateka).