Nog ‘n grootte vir Thaba
Hierdie International CXT word vir ‘n geruime tyd in Thaba gewaar wanneer sy eienaar hom vir ‘n draai vat. Alhoewel dit nie ‘n trok is om mee te gaan kruideniersware koop nie, slaag hy waarlik in sy doel om ‘n diepseevisvangboot te sleep. Op die foto inlas is die personeel van Le Chic haarsalon, Eugene, Anel, Marilise, Heleen en Tersia, saam met die eienaar, Riaan Odendaal.