‘n Seder het geval
THABAZIMBI – Een van die oudste inwoners van Thabazimbi, Tannie Nelsie Lombard, van die plaas Hartebeesbult, is op 4 Julie 2013 na ‘n lang siekbed oorlede. Sy was 89 jaar oud.
Tannie Nelsie is op 18 Oktober 1923 op die plaas Varsvlei gebore en is in 1941 getroud met Anton Lombard. Daar is vyf kinders uit die huwelik gebore, vier seuns en een dogter.
In 1961 het sy haar eie winkel op die plaas Hartbeesbult begin en het dit vir 41 jaar bedryf, maar in 2002 het sy dit gesluit weens ‘n plaasaanval wat sy oorleef het.
Weens haar gesondheidstoestand is sy in 2010 na Tambotie Versorgingseeneheid geneem waar sy versorg is tot die einde toe.
Sy laat twee seuns, een dogter, agt kleinkinders en drie agter – agter kleinkinders agter.
Die begrafnis was, 12 Julie 11:00, vanuit die Hervormde Kerk Vliegepoort Thabazimbi.
Tannie Nelsie Lombard wat na ‘n lang siekbed oorlede is op 4 Julie.