General

Kry betyds paspoorte vir Botswana

Volgens reaksie van die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake op ‘n reisigersnavraag, het die Botswana regering besluit om vanaf 1 April vanjaar nie reisigers met tydelike reisdokumente in die land toe te laat nie.

Magda Wallis van die departement van binnelandse sake in Pretoria het verlede week aan Noordelike Nuus gesê mense wat Botswana wil besoek, moet verkieslik lank genoeg voor die tyd aansoek doen vir hul paspoorte. As hulle egter dringend paspoorte vir Botswana nodig het, moet mense ‘n motiveringsbrief saam met hul paspoortaansoeke indien, waarin hulle verduidelik dat hulle Botswana wil besoek en waarom dit dringend is. Die departement sal dan sulke aansoeke prioritiseer en vinniger uitreik.

LiN Nuus/Noordelike Nuus