Koppie Tee vir KANSA
KOEDOESKOP – ‘n “Cuppa” vir kanker, word op 27 Julie 2013 gehou deur KANSA-Thabazimbi distrik kantoor, te Alfresco SPA Koedoeskop om 10:30 vir 11:00. Hettie Brittz tree op as een van die sprekers. Sy is die ontwikkelaar van die Immergroen Ouerskapkursus en lei die span van meer as 100 fasiliteerders wat die kursusse in vier lande aanbied.
Hierdie kursus wat sy aanbied fokus op praktiese, Bybelse toerusting vir ouers. Hettie se passie is vir die herstel en toerusting van gesinne en om hulle te help om die waarhede wat heel en vry maak te vind. Haar boeke, CDs, DVDs en praatjies handel daarom nie net oor temperament, ouerskap en dissipline nie, maar ook oor dieper dinge soos die verwerking van trauma, die herwinning van hoop en vreugde na terugslae en hoe om genesing te vind van seer uit die verlede.
Riaan Ungerer tree op as gaskunstenaar en Sr Wilna van den Heever van KANSA Waterberg, kom die dames toespreek oor borskanker. Dit alles saam met ‘n ligte middagete kry jy teen slegs R50 per persoon, insluitend ‘n KANSA geskenkie.
Ons wil graag soveel as moontlik van die gemeenskap se kanker oorwinnaars uitnooi om die dag saam met ons te geniet.
Kaartjies is nog beskikbaar vir die geleentheid en kan aangekoop word by Natasha Pretorius, KANSA verteenwoordiger, by 076 904 8482 of by gasvrou en organiseerder Juanee Pretorius 083 417 7376.
Daar is nog tafels beskikbaar vir dames wat as gasvrouens wil optree. Ons het die pligte baie maklik gemaak. Nooi 10 vriendinne om die geleentheid saam met jou te geniet. Navrae kan aan Natasha Pretorius gerig word by npretorius@cansa.org.za
Hettie Brittz gaan op 27 Julie as gasspreker optree vir KANSA se “Cuppa” vir Kanker by die Alfresco SPA Koedoeskop om 11:00.