Groot bloedtekort tref land
Die huidige bloedvoorraad-vlak in die land word bestempel as uiters kritiek. Die insamelings het weens die skool- en universiteitsvakansies, sowel as die winterteisterende verkoues in so ‘n mate afgeneem, dat daar slegs ‘n 1.7-dag se voorraad beskikbaar is. Dit is kommerwekkend minder as die 5-dag voorraad wat benodig word om te verseker dat daar in die land se behoefte aan veilige bloed voorsien kan word. Die SA Nasionale Bloeddiens (SANB) sal weer op Woensdag 7 Augustus vanaf 12:00 tot 18:00 by NG Kerksaal bloed tap. Indien jy tussen 16 en 65 jaar is, meer as 50kg weeg, goeie gesondheid geniet en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf, word jy genooi om by die bloedskenksentrum aan te meld.