General

Gesin vrees: aanklagte per ongeluk teruggetrek

Twee geharde misdadigers is op vrye voet nadat ‘n staatsaanklaer van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) die saak teen hulle per ongeluk in die Pretoria-Noord landdroshof teruggetrek het.

Volgens Nantes Kelder, hoof van AfriForum se ondersoekeenheid het die twee beskuldigdes tereggestaan op klagtes van gewapende roof, nadat ? gesin van Montana in die noorde van Pretoria in 2011 in hul huis aangeval is. Die gesin vrees tans vir hul lewe, aangesien die misdadigers moontlik kan terugkeer.

Albei beskuldigdes, Solly Mohlahlo en Stanley Phaala, het al voorheen gevangenisstraf vir geweldsmisdade uitgedien.

“Hierdie nalatige optrede van die aanklaer onderwerp die slagoffers aan onnodige trauma en dit berokken skade aan die vertroue in die land se regstelsel,” het Kelder gesê.

AfriForum se ondersoekeenheid het versoek dat interne stappe teen die betrokke staatsaanklaer gedoen word en dat opdrag gegee word dat die twee misdadigers weer voor die hof gebring word.

“Die verskoning wat gegee word vir die ‘ongeluk’, dat die aanklaer die opdrag in Afrikaans ontvang het, terwyl sy Engels is, is belaglik,” het Kelder bygevoeg.