Blokkie kombers vir uitloting

THABAZIMBI – Huis immergroen was hard aan die werk met die maak van die blokkies kombers. Die gebreide blokkies kombers bestaan uit 375 verskillende kleure blokkies en sal enige iemand in die lang winternagte warm hou.

Die kombers is vir uitloting en die fondse wat geïn word, sal vir Huis Immergroen se kleinkas gaan. Daar word ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om die projek te ondersteun. As iemand ‘n aanbod wil maak en ander wil uitdaag om die aanbod te oorskry sal dit ook welkom wees.

Die kaartjies is R20. Skakel gerus vir Marie Steenekamp vir verdere navra by 072 252 0770.

29-Huisimmergroen

Marie Steenekamp, Celia Molomanie, Anna Modese, Magda van Wyk en Chrissie de Beer wat met die pragtige blokkies kombers spog. Koop kaartjies vir R20 om fondse vir Huis-Immergroen se kleinkas te help insamel.