BETHLEHEM – “Brood van die Lewe”….

‘n Sentrale punt vir Stukkendes

 

THABAZIMBI – Bethlehem – Huis van Brood, is ‘n veilige vesting vir die stukkendes in ‘n gemeenskap. Maandae tot Vrydae vanaf 13.00-14.00 word sop, brood en pap bedien by Bethlehem op die Lephalaleroete aan 100-150 plaaslike kinders . ‘n Samaritaan voorsien vleis vir elke dag se sop. Ons maak staat op skenkings en enige behoeftige man, vrou of kind kan aanklop vir ‘n ete.

‘n Totaal van 150 komberse is al uitgegee, een vir elke kind en kinders wat weke laas gebad het, kry ‘n heerlike skoon bad. Bethlehem verwelkom enige hulp en skenkings soos groente, soppoeiers, mieliemeel, vrugte in seisoen, toiletware, klere, skoene, sokkerballe, krieketkolwe, springtoue, balle ens. Die Thabazimbi jeug inspireer die betrokke mense met hul betrokkenheid elke Vrydagmiddag 14.00-16.00. Kom wees deel en raak betrokke, jy kan ‘n belangrike rol speel.

Jou tyd (al is dit 1 uur per beurt), jou R10 of meer (vir een van die tonne brode), gesinsklere vir ‘n gesin en jou wegwys van elke bedelaar in die strate (moenie geld gee nie asseblief). Stuur die kinders en ouer bedelaars na BETHLEHEM vir ‘n voedsame maaltyd. Daarby kry hul die Brood van die lewe, saam met die sop. Vervoer is beskikbaar.

Deel jou tyd, jou hart in by Bethlehem – Huis van Brood.

Jesus sê: “Ek is die Brood van die lewe. Wie van My eet sal nooit honger ly nie.” Vir meer inligting oor Bethlehem – Brood van die Lewe, skakel hulle gerus by 082 893 4208 of 0828768671

29-Bethlehem 1

Die meer as 100 kinders wat by Bethlehem – Brood van die Lewe ‘n bord kos ontvang. Van Maandae tot Vrydae tussen 13:00 en 14:00.