Nuwe diensstrategie by WESagri
Promosie Artikel
THABAZIMBI – WESagri Thabazimbi se nuwe diensstrategie, “Waar u die prys kan bepaal”, maak vandeesweek groot opslae. Die nuwe, vriendelike, bekwame span wat tot u diens is by WESagri, is: Ben Pretorius (werkswinkel- en onderdelebestuurder), Coenrad Hugo (verteenwoordiger), Etienne Boshoff en Erika Venter (administratiewe bestuurder).
Ben sal in u behoeftes voorsien in verband met onderdele wat u vir alle trekkers en implemente benodig asook kettingsae of bossiekappers. As u Fuchs-olie of bande nodig het, help hy graag. Coenrad het die praktiese ondervinding en hy is in staat om lonende raad oor enige aspek van boerdery te gee asook raak in verband met die beste implemente wat vir u doeleindes geskik sal wees. Hy sal ook die beste pryse vir u beding, kontak hom gerus by 083 570 1966.
Etienne, met sy vriendelike geaardheid, sal u op die plaas kom besoek en bystaan met raad oor enigiets wat u benodig, van ‘n trekker of baler, tot alle onderdele en Fuchs Duitse olies, kontak hom by 076 196 0335.
Erika sal u bystaan met alles wat u koop, op ‘n professionele wyse. Sy reik ook alle bestellings uit vir aankope van goedere en hou ook kontrole oor die voorraad, diensrekords asook lisensiëring.
WESagri Thabazimbi is tot u vriendelike diens, kontak hul by 0147771330.