Community

NG Kerk hou basaar

NORTHAM – Die NG Kerk Northam gemeente het op 22 Junie ‘n heerlike samesyn gehad tydens hul jaarlikse basaar.

Stalletjies het ingesluit: speletjies, sop en broodjie, juwele, poeding en wit olifant stalletjie met allerhande skatte. Oud en jonk het heerlik pret gehad en die insameling vir die gemeente was ruim.

Die gemeentelede het baie hard gewerk om hierdie heerlike dag ‘n reuse sukses van te maak.

‘n Vleisbraai en cowboy-dans was deel van die aand se aktiwiteite, waar die gemeentelede en gemeenskap die feesgevoel kon voortsit.

Die gemeente bedank die publiek vir hulle bydrae en goeie ondersteuning. Vir navrae kontak Magda Moolman, 083 308 5004.

27-NG Northam basaar

Maryke en Marchand Jansen saam met ds Jannie du Plessis.