Community

Interkerklike jeugbyeenkoms gooi deure oop

THABAZIMBI – Die bekendstelling van Opendoors jeugbedieningsgroep vir interkerklike jeugroepe, vind op Saterdag 20 Julie by die NG Kerk, Thabazimbi plaas. Hulle nooi alle jongmense tussen die ouderdomme van 13-25 jaar om die dag saam te kom geniet. Die drie inligtingsessies handel oor die bekendstelling van Opendoors, wie word vervolg en in watter lande en hoe om betrokke te raak. Hulle doel is om jongmense te leer oor vervolgde jong Christene wat Jesus nie in vryheid kan dien nie en wat dit vir jongmense beteken om Jesus in vryheid te kan dien. Die inligtingsessies begin om 09:00 en sal teen 21:00 tot ‘n einde kom.

Die AGS Thabazimbi gemeente tesame met Christian Family Church sal die lofsang bediening lei terwyl CFC ‘n opvoering as ysbreker sal lewer. Middag- en aandete sal verskaf word en daar sal ook ‘n DVD-vertoning wees. Vir enige navrae, kontak die organiseerders, Bennie en Ilse by 082 2006 179.