Gewilde kunstenaar weer hier op sy jaarlikse besoek
THABAZIMBI – Chris Chameleon – vernuwend, prolifiek en eindeloos kreatief, het bekend geraak in Suid-Afrika, asook oorsee, as ‘n musikale fenomeen.
Met ‘n eiesoortige styl, bekoorlike verhoogpersoonlikheid en ‘n reputasie om gehore met sy vier-oktaafstem en stemtoertjies te betower, het sy uitsonderlike talent hom uitstekende resensies en vele toekennings besorg oor die afgelope ses jaar.
Toekennings sluit twee Suid-Afrikaanse Musiektoekennings (SAMAs) en ‘n Erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in.
Slegs met sy kitaar en asemrowende, ongewone stemwerk, neem Chris Chameleon luisteraars op ‘n reis, na plekke van musikale betowering en verwondering.
As die afgelope jaar enige aanduiding is, lyk dit of Chris Chameleon sal aanhou om ‘n baanbreker vir Suid-Afrikaanse musiek regoor die wêreld te wees.
Bespreek sommer nou al vir die optrede van Chris Chameleon op 7 September. Chris geniet dit baie om hier in die bosveld te kuier en het sy optrede vir dié jaar by Super KunsteGrot reeds met verlede jaar se besoek vasgemaak.
Kom verras hom weereens met ‘n vol teater en ‘n puik gehoor. Alle navrae en bespreking by Rita 083 7448559 of rivol@telkomsa.net.
Chris Chameleon kom kuier weer op 7 September in die Super KunsteGrot.