40 teddies vir siekes

THABAZIMBI – Die SAVF Thabazimbi-tak het op 3 Junie hospitale en klinieke besoek om teddies en ‘n lekkertjie aan behoeftige, siek kinders uit te deel. Veertig teddiebere, 100 pakkies skyfies en suigstokkies is uitgedeel. Die teddiebere is dalk die enigste geskenkie wat van hierdie kinders sal kry. Die tak bedank Eagle Mountain Spur wat die ballonne geskenk het asook almal wat deel was van die teddiebere-projek.

27-Teddies

Madelein, Amorien, Sylvia, nakkie die Nar en Denese gedurende die teddiebere-projek uitreik.