Sport

3de plek vir Verre Noord-span

THABAZIMBI – Ses rugbyspelers van Laerskool Thabazimbi is tot die Verre Noord-span vir die Bokkie Week verkies.

Die kranige rugbyspelers van Laerskool Thabazimbi, Enrico Van Niekerk, Victor Potgieter, Pieter Viljoen, Heinrich Potgieter, Marco Myburgh en Franco Potgieter het gedurende 1-5 Julie te Naboomspruit aan dié week deelgeneem.

Die Bokkieweek bestaan reeds 22 jaar en hierdie 0/13 span, met die spelers van Laerskool Thabazimbi, het vir die eerste keer in die geskiedenis die Verre Noord-span tot in die semifinale geneem. Verskeie afrigters het gesê dat hierdie dié beste 0/13 rugbyspan ooit is. Verre Noord eindig in die derdeplek tussen 16 streke.

28-Bokkieweek

Die Verre Noord-span het met ses rugbyspelers van Laerskool Thabazimbi gespog.