Warm vermaak by Landbouskou
THABAZIMBI – Die personeel by die skoukantoor is reeds hard aan die werk om te sorg dat daar iets vir almal by vanjaar se Landbou- en Nywerheidskou gaan wees.
Daar sal heelwat stalletjies wees, met verskeie handgemaakte en unieke produkte en items, sowel as watertandlekker etes, hope vermaak vir die jongspan en genoeg kompetisies vir die wedyweraars in die gemeenskap.
Giovanni sal op Donderdagaand 25 Julie saam met Mej Thabazimbi op die verhoog gesien word terwyl Nadine die koue gaan verdryf met ‘n vuurwarm vertoning op Vrydagaand. Jakkie Louw en Riaan van Rensburg met hulle BlouBul vertoning sluit op Saterdag 27 Julie die skounaweek af. Tussendeur sal Armand, die singende Cowboy ook te siene wees.
Besoek gerus Thabazimbi Skou se facebookblad om vee inskrywings of aansoek om uitstalruimte te bekom, of skakel die skoukantoor 0147771204.
Giovanni – Donderdagaand 25 Julie 2013.