Community

VLU maak kaartjies

NORTHAM – ‘n Glansgeleentheid soos min wag vir diegene wat vanjaar se Fleur de Lis damesoggend in November gaan bywoon.

Die dames van die Northam VLU-tak het op Donderdag, 20 Junie, reeds begin om die pragtige kaartjies vir hierdie besonderse funksie te maak.

Die organiseerders nooi almal uit om kul kalenders vir 9 November oop te hou, kaartjies sal eersdaags beskikbaar wees.

26-VLU

Die dames is besig om die kaartjies vir die Fleur de Lis vrouedag te vou, op die foto is: Marinda Gagiano, Annatjie de Waal, Jenny Streak, Dina Smith, Adele Langley, Angela Potgieter, Chantell Steynberg, Mari Meintjes, Maritza Hasebroek en Annatjie Dreyer.