Sport

UPM hou weer kompetisie

SWARTKLIP – Die UPM Hengelklub het op 23 Junie hul maandkompetisie te Northam Plat Concentrator aangebied.

Volgens die klublede was dit ‘n heerlike dag om vis te vang aangesien almal se kantrolle gehardloop het. Al die hengelaars het vis in die net gehad. “As jy sien dan is iemand af met die wal om sy/haar vis in die net te kry,” het ‘n klublid aan Kwêvoël gesê.

Die hengelaars het dit eens dat die Consentrator nou ‘n dam is waar ‘n hengelaar nie kan stilsit nie: “Visvang kan jou so besig hou dat jy nie eers iets kan drink of eet nie, maar dit is baie lekker.”

Die uitslae van die kompetisie is as volg: Barry Dreyer 8.820 kg, Corrie Streak 22 kg, Jenny Streak 10.380 kg, Jonathan Jansen van Rensburg 8.840 kg, Jnr J Jansen van Rensburg 4.330 kg en Marsuné Barnard 3.340 kg.

Die klub wens elkeen geluk met hul vangste en bedank almal wat deelgeneem het. Enige navrae oor klubverrigtinge kan aan Theuns Goosen (voorsitter) gerig word by 0832921878 en om die hengelklub te huur kan jul vir Corrie of Jenny Streak kontak Corrie Streak 0823903867 of Jenny Streak 0768702682 of 0849685022

26-UPM Hengel

Die wenners van die maandkompetisie: Jonathan Jansen van Rensburg, Corrie Streak, Barry Dreyer, Jenny Streak, J Jansen van Rensburg en Marsuné Barnard.