Community

Nog ‘n skoonmaakaksie tref Thabazimbi

THABAZIMBI – ‘Thabazimbi teen dwelms’ het op Dinsdag, 25 Junie aangekondig dat hulle vandag, Vrydag 28 Junie wéér ‘n skoonmaakaksie gaan dryf.

Gemeenskapslede is uitgenooi om omstreeks 03:00 by Foodzone/Lantern bymekaar te kom waar hulle op ‘n vragmotor vervoer sou word om die aksie te verrig. Volgens ‘Thabazimbi teen dwelms’ se woordvoerder, is alles wat hulle doen ter wille van die kinders.

Die Demokratiese Alliansie in Thabazimbi het hul dank uitgespreek teenoor hierdie groep mense wat die inisiatief geneem het om die dwelmprobleem wat Thabazimbi tans beleef, aan te spreek. Alle versoeke wat van die DA se kant af gekom het aan die munisipaliteit om die spruit skoon te maak, het op dowe ore geval. “Die mense wat betrokke is by hierdie projek, is waarlik mense wat omgee vir ons dorp.” Het DA raadslid Franco Loots aan Kwêvoël gesê.

Lees volgende week meer oor hierdie skoonmaakaksie.