SportTop Stories

HFM – 3de beste in provinsie

GROBLERSDAL – HFM netbalspelers het op 7 Junie 2013 aan die Limpopo B-span Provinsiale Kampioenskappe deelgeneem. Die O/14, O/16, O/17 en O/19B-Netbalspanne het meegeding in die stryd om as kampioene aangewys te word te Hoërskool Ben Viljoen.

Die O/17B-Netbalspan wen teen Ben Vorster in die finaal en word gekroon as Limpopowenners vir 2013.

Die A-span Limpopo Finale Kampioenskappe het op Saterdag 8 Junie 2013 plaasgevind. Hoërskool Frikkie Meyer word verteenwoordig deur al sy A-spanne: O/14, O/15, O/16, O/17 en Eerste Netbalspan. In baie harde aanskoulike en senutergende wedstryde word HFM se O/17A netbaldogters in die finaal met een punt geklop tydens die speel van ekstra tyd deur Ben Vorster en tree as naaswenners vir 2013 uit die stryd.

HFM wens al die netbaldogters geluk met hul prestasie. HFM word aangewys as die derde beste netbalskool in Limpopo vir 2013.

26-HFM Netbal 1

Die netbalspelers van HFM het hul goed van hul taak gekwyt by die Limpopo Kampioenskappe en word as derde beste netbalskool in die provinsie aangewys.