Community

Dankie van die KunsteGrot

Ons lesers skryf:

Die nuwe SPAR Super KunsteGrot is volstoom aan die gang – danksy ongelooflike mense in ons eie gemeenskap. Julle weet wie julle elkeen is, ek sê uit my hart uit net weer baie dankie vir elkeen se bydrae en hulp.

So het ons ook Vrydagaand afgeskop met die eerste filmvertoning.  Die verrassing was groot toe ons nog stoele moes pak! Baie dankie aan elkeen wat gekom het, hoop ons sien julle elke keer! En nou die groot dankie! Die onbeskryflike gevoel om terug te stap in die teater toe almal uit is, en…dis skoon! Nie ‘n enkele papier of blik of iets! Baie dankie aan die fliekgangers en baie geluk! As dit is hoe ons dit in die toekoms gaan doen, fliek ons sommer elke aand! Ek is so trots op ons mense…

Rita Volschenk