Windbukse in woonbuurte

Ons lesers skryf:

Dit is nou al die hoeveelste keer dat my bure se kind my hond met ‘n windbuks skiet. Die arme hond ly verskriklik daaronder en dit lyk my daar is niks wat hom verhoed om dit te doen nie. Toe ek sy ouers aanvat daaroor, het hulle ewe kordaat gesê dat hulle hom toestemming gegee het om dit te doen, want my hond blaf aanhoudend en daar is niks wat hulle kan doen om hom te laat ophou blaf nie.

Dit is onmenslik, is dit nie?

Thabazimbi-inwoner

(Volgens die SAPD kan die kind se windbuks gekonfiskeer word en hy kan krimineel aangekla word. Hy kan ook vir dieremishandeling aangekla word. Aan die anderkant kan die eienaar van die hond aangekla word vir rusverstoring en hy kan ‘n boete opgelê word).

Want to Receive Weekly Kwevoel Updates in Email?

We don’t spam! Read our privacy policy for more info.