VLU getalle groei ondanks koue

THABAZIMBI – Die Northam VLU-tak se dames het hul 234ste vergadering op 13 Junie by die vendusiekrale gehou.

Ondanks die winterkoue, is dié VLU-tak se getalle besig om te groei en verwelkom hulle graag die gaste wat die vergadering bygewoon het. Hulle spreek die hoop uit dat Natasha, Adelle, Rieka en Susan binnekort by die tak sal aansluit.

Mari Meintjes het die dames oor kreoelwerk, ‘n tipe borduurwerk, ingelig. Met hul volgende vergadering op 18 Julie, sal hulle fotoraamstaanders maak.

Almal is welkom om hul volgende vergadering om 09:00 te Methodiste Kerksaal op Swartklip by te woon. Vir verdere navrae, kontak Marinda Gagiano by 0837852274 of Maritza Hasebroek by 0813691876.

25-VLU 1

Die gaste wat die VLU vergadering bygewoon het, vlnr: Adelle Langley, Natasha Viljoen, Isobel Cahill, Louise du Plessis en Debbie Nagel.