Community

Vakansiepret by SmartBrain Naskoolsentrum

THABAZIMBI – SmartBrain Naskoolsentrum bied hierdie vakansie hope kreatiewe aktiwiteite vir skoliere aan. Dié besonderse Naskoolsentrum is in 7de Laan 42 geleë en bied kinders waarlik ‘n tweede tuiste. Die vakansie aktiwiteite, spesiaal ook vir dagbesoekers, sluit in mosaïek, scrapbooking, verf van skilderye, yskasmagnete, stel handgemaakte kaartjies en nog vele meer. Die aktiwiteite gaan verseker die jongspan vir ure besig hou en om die hongerte en dors te les sal daar vrugtesap, gebottelde water, etes en verversings ook voorsien word. Alle Laerskoolleerlinge is welkom. Dit beloof om groot pret te wees wat vinnig die verveligheid van die vakansietyd te fnuik. Skakel sommer dadelik die vriendelike personeel van SmartBrain Naskoolsentrum by 083 256 6853 of 076 635 7709 vir meer inligting. Kom ervaar self die kwaliteit van sorg!