Community

Totsiens tannie Tokkie

THABAZIMBI – Tannie Tokkie Theunissen, ‘n oud inwoner van Thabazimbi, is Sondag 16 Junie in die ouderdom van 86 jaar oorlede.

Sy was getroud met oom Nic (bynaam Nic Matesis) wat 34 jaar by Yskor werksaam was. Hy is in 1993 oorlede.

Hulle was albei kranige gholfspelers en tannie Tokkie was ook klubkampioen in haar jonger dae.

Sy laat drie kinders Rita, Johann en Tersia, asook twee skoonseuns WIllem Pieterse en Johan Britz, 8 kleinkinders en 5 agterkleinkinders na.

Na oom Nic oorlede is het sy verhuis na haar dogter Tersia in Potchefstroom waar sy woonagtig was tot met haar afsterwe.

Die begrafnis het op Potchefstroom op Donderdag 20 Junie plaasgevind.

25-Tokkie Theunissen

Tannie Tokkie (86) is op Sondag 16 Junie oorlede.